PAREL VALLEI SE TOPPRESTEERDERS VIR 2011
Esther Van Zyl, Parel Vallei se Dux leerling vir 2011 staan hier tussen die Hoofseun, Charl Cillie (links) en Onderhoofseun, Duayne le Roux (regs) wat albei vir al hulle vakke A’s behaal het. Esther, ook een van die Leerderraadslede, het weer die beste punte in die skool behaal en spog met ‘n gemiddeld van 91,5%. Sy het vir al haar vakke A’s behaal. Parel Vallei is baie trots op sy leiers wat so goed presteer het. Die Hoofmeisie Morgan Wolf en die Onderhoofmeisie, Sasha Lee Fagan, het puik presteer en ook “A” gemiddeldes behaal. Ongelukkig was hulle nie beskikbaar vir die foto nie.
No comments
